Blanket and Hat

Ons wil graag ons dankbaarheid uitspreek teenoor Danabaai kunsvlyters vir hulle onbaatsugtige bydrae tot die welstand van kanker pasiënte. Julle het nie net perfek gebreide kleurvolle kombersies gemaak nie, maar dit ook gratis aan die Just Breathe in Care of Cancer organisasie geskenk.  Dit gee moed en is ‘n teken van liefde en omgee aan elke pasiënt wat deur die emosionele trauma van kankerbehandeling gaan.

Ons by Just Breathe in Care of Cancer het die voorreg gehad om die skenking te deel met Eden Oncology waar pasiënte wat chemo ontvang ‘n warm mus en ‘n opbeurende “troos”kombersie kon kry. Die Just Breathe in Care of Cancer nie-profyt organisasie streef daarna om die kommunikasie en ondersteuning aan pasiënte wat deur kanker behandeling gaan te verbeter.

Ons bedank julle uit die diepte van ons hart. Met uitsondering aan Tannie Trudie Kasselman – die dame wat altyd die koordinering doen – en ons ook verder seën met skenkings van handgemaakte versorgings pakkies aan borskanker pasiënte. Ons bedank ook die ander flukse en goedhartige dames van Danabaai kunsvlyters wat haar bystaan.